'Moet jou nie kwel oor SA'
2012-10-29 23:39
In dié brief aan ’n oorsese vriend wat tans die ronde op die internet doen, probeer Paul Harris, stigter en voormalige
uitvoerende hoof van FirstRand, gerugte oor Suid-Afrika die nek inslaan.
Haai Jeff
Hoop alles gaan goed met julle ouens. Ek sal later familienuus stuur, maar wil eers reageer op die e-pos wat jy vir my
gestuur het met ’n artikel deur Clem Sunter aangeheg wat jou blykbaar bekommerd gemaak het oor ons hier in Suid-Afrika.
Jy het ook verlede jaar vir my ’n artikel deur Moeletsi Mbeki gestuur wat oor die gevaar van ’n “Arabiese Lente”
in Suid-Afrika waarsku. Ek kry dikwels e-pos soos dié van “besorgde vriende” wat bekommerd is, wat dierbaar is
van julle ouens. Natuurlik is ons besorg. Party kommerwekkende dinge het gebeur, maar ons het al baie erger
goed in baie meer onstabiele omgewings deurgemaak en oorleef. Dit sluit in die Boereoorlog, twee wêreldoorloë,
apartheid, die finansiële krisis sonder ’n bank-reddingsboei, die runderpes, Gé Korsten en Die Antwoord!
Tog, so lank as wat ek kan onthou, was daar altyd mense wat dink SA het vyf jaar oor voordat ons oor die afgrond stort.
Niks anders as toe ek in die 1960’s op skool was nie. Die vyf jaar het by tye in die 1980’s tot ’n paar maande gekrimp!
Maar dit lyk of die mense wat die bekommerdste is, ver van die afgrond af woon in plekke soos Toronto, Auckland, Londen
en ander nat en koue plekke. Ook in St. Ives en Rose Bay in Sydney, Dallas en Europa en ander “veilige plekke” wat
in die greep van die internasionale finansiële krisis is, wat terloops heel skrikwekkend is. Baie van hulle het
dekades van golwende “vyf jaar oor” oorleef sedert hulle Suid-Afrika verlaat het. Dalk sal hulle dus eendag reg wees?
My boodskap is, asseblief, moenie oor ons in Suid-Afrika bekommerd wees nie. Ons is piekfyn. Ons is koel. Ons weet ons
woon in die mooiste land ter wêreld met warm en lewenskragtige mense. Daar is meer mense hier met ’n glimlag op hul gesig
as in enige ander land waarin ek al ooit was.
Jongmense kom op strepe terug met vaardighede en ’n positiewe houding. Saam ploeter ons voort en mors baie goed op terwyl
ons ’n helse klomp stoom afblaas (het jy al van ’n ou genaamd Julius Malema gehoor?). Tog doen Suid-Afrikaners tussenin
’n klomp verstommende goed, soos om ’n paar goue medaljes, groot gholftoernooie en krieket- en rugbywedstryde te wen.
Die Suid-Afrikaners wat ek ken, lig hul bas en doen dinge om ons land te bou eerder as om vanuit ’n gemaksposisie te sanik.
Ons neem aktief deel aan projekte wat die lot van minderbevoorregte gemeenskappe verbeter. Ek sal laas Saterdag in ’n
stampvol saal met 1 500 swart onderwysers wat uit volle bors sing en hul toewyding aan die verbetering van onderwys in
hul gemeenskappe wys vir niks wil verruil nie.
Ons het ons uitdagings en verrassings. Die standaard-afwyking van ons emosies is op MAKSIMUM gestel. Jy is nooit net ’n
“klein bietjie gelukkig” of ’n “klein bietjie hartseer nie”. Die een oomblik kan jy “van die radar af” die bliksem in
of gefrustreerd of hartseer of bekommerd of bang of depressief wees. Die volgende oomblik is jy “van die radar af” opgewonde,
of betower, of geïnspireer, of nederig oor ’n gawe daad, of verras oor iets moois. Dit maak die lewe interessant en die moeite werd.
Ons het passievolle debatte oor die toekoms van SA. Natuurlik aangehelp deur rooiwyn wat jy weer moet proe omdat
dit elke jaar beter word! Clem lewer ’n grootse bydrae tot die debat, nes ander, soos Moeletsi Mbeki. Russell Loubser,
voormalige hoof van die JSE, het nou die dag ’n lewendige toespraak gelewer wat emosies opgejaag het. Tot MAKSIMUM op
die emosiemeter van die ANC-jeugliga, wie se veldtog vir die nasionalisering van die myne toegeskryf word aan mense met
IK’s gelyk aan kamertemperatuur.
Suid-Afrikaanse politiek was nog altyd wisselvallig, ons het menings wat nie uiteenlopender kan wees nie en dit
ontlok emosie op ’n massiewe skaal. Interessant en stimulerend vir dié wat dit ernstig opneem, maar geraas in die
stelsel vir my. Gelukkig is ons ontslae van apartheid, wat ons beslis oor die afgrond sou gestoot het. Dié is die
geboortepyne van ’n nuwe en onvoorspelbare demokrasie. Gordel dus vas, geniet die reis en dra by! Dit is die boodskap
wat ek aan Suid-Afrikaners oordra.
Dit is ’n hartseer-saak dat die Suid-Afrikaanse diaspora ’n grootliks negatiewe uitwerking op vertroue in Suid-Afrika
het. Dit sou nie ’n probleem gewees het nie as hul geknies oor hoe lank ons gaan hou voordat ons oor die afgrond stort
bloot hul kommer oor ons, hul vriende en familie, weerspieël het nie.
Die probleem is dat dit buitelandse belegging, wat belangrik is vir ekonomiese groei, raak. ’n Mens wat daaraan dink
om hierheen te kom of hier te belê word dikwels afgeskrik deur met groot oë te luister na die stories van die mense
wat padgegee het.
Soos jy weet, is ek gasheer vir baie buitelandse besoekers en ek het nog nooit OOIT enigiemand ontmoet wat die land vir
die eerste keer besoek het en nie heeltemal uit die veld geslaan is deur die skoonheid van die land en die warmte
van die mense nie. Dis nie sonder rede dat Suid-Afrika die hoogste koers van herhalende besoekers van
alle langafstandbestemmings het nie.
Dus, Jeff, hoe kan ek jou help om op te hou bekommerd wees oor ons? Miskien is dit die beste as jy blootgestel word aan
van die artikels en webwerwe wat jou ’n meer gebalanseerde en opbeurende perspektief op Suid-Afrika gee. Moet
dus asseblief nie bekommerd wees nie en as jy die kans kry, doen ’n goeie woordjie vir ons.
Alles van die beste
Paul Harris
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Moet-jou-nie-kwel-oor-SA-20121029