WOORDEBOEK
Hoe onpersoonlik is ’n woordeboek!
Ek het na ‘liefde’ onder ‘l’ gesoek
En afgekom op ‘warme toegeneentheid’
(hul noem daar nie die plek of die geleentheid),
‘gevoel van toegedaanheid teenoor iemand,
persoon of iets’-(ook daar vermeld hul niemand)-
‘opofferingsgesindheid’ en dies meer,
‘opregtheid’ en ‘gehegtheid’, elke keer
die dom, naïewe uitleg sonder hart
in stringe dooie woorde, strak en zwart.
Ek het die woordjie ‘liefde’ nageslaan
en nêrens, nêrens het jou naam gestaan.
-------------------------------------
Vincent van der Westhuizen
Uit: Gerrit Komrij
De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten