Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Word lid van het forum, het is snel en gemakkelijk

Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Filosofie Kaffee

Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.

Gedachtenwisseling over alles wat verwondert.


    Word reg wakker

    avatar
    Caspar


    Word reg wakker Empty Word reg wakker

    Bericht  Caspar 28.02.10 9:35

    Word reg wakker
    Last updated: Monday, February 22, 2010
    ---------------------------------------
    Jou wekker raas jou wakker. Die son is op – en jy moet óók opkom. Maar voor jy die dag
    blindelings binnestorm, staan eers vyf minute aan jou liggaam en gees af.
    Deur HEATHER PARKER
    ----------------------------------------------------------------------------------
    Struikel uit die bed. Vinnig onder die stort in en pluk iets aan. 'n Paar slukke koffie
    en weg is jy!
    Klink dit bekend? Dis hoe dit soggens met die meeste van ons gaan.
    Maar daar is 'n beter manier – 'n gesonder, gelukkiger manier. So kan jy beheer oorneem
    van die dag voor dit jóú beheer:

    1. Fokus!
    Drome gee jou insig in hoe jou brein werk – as jy net kan onthou wát jy gedroom het!
    Kundiges sê dat jy jou drome beter sal onthou as jy 'n minuut lank stil lê nadat jy wakker
    geword het. Skakel dadelik jou wekker af en lê stil sodat jy kan nadink oor wat jy gedroom het.
    Hou 'n boekie en pen langs jou bed – as jy jou droom kan onthou, hoef jy net jou hand uit te
    steek en dit neer te skryf.
    Al onthou jy net grepe uit jou drome en al is dit glad nie logies nie, skryf maar alles neer.
    Met 'n bietjie oefening sal jy binnekort baie meer onthou.
    Selfs as jy nie die droom kan onthou nie, sal dié oggendoefening groot voordele inhou: Dit maak jou denke skerper sodat jy in die loop van die dag baie meer gefokus bly.

    2. Strek-k-k
    Het jy al ooit gekyk hoe 'n kat of 'n hond wakker word? Hy maak sy rug lank, rek hom behaaglik uit, strek elke poot, en dan – as't ware terug in sy lyf – gaan kyk hy wat die dag oplewer.
    Ons kan baie daarby leer. Voor jy die komberse afskop, strek elke spier in jou lyf.
    Begin deur jou ruggraat reguit te maak – verbeel jou jy word in albei rigtings getrek – sodat jou lyf ál langer word. Strek dan jou bene en arms en kruis jou arms oor jou lyf tot jy die spiere in jou rug kan voel. Draai jou kop 'n paar keer op die kussing heen en weer. Gee laastens jou ruggraat 'n goeie strek terwyl jy op die rand van die bed sit en draai van een kant na die ander.

    3. Kyk voor jy spoel
    Die meeste van ons is maar sku vir toiletsake, maar dis 'n goeie idee om soms in die bak te loer voor jy spoel. As jou urine donker is, kan dit 'n teken wees dat jy oornag ontwater het. Dit kan druk op jou niere plaas, wat jou liggaamsfunksies ondermyn. Die oplossing?
    Drink 'n groot glas water om jou stelsels aan die gang te kry. Om water te drink is 'n uitstekende begin vir enigiemand se dag. Dis 'n goeie wegspringplek vir die twee liter water wat ons volgens aanbeveling elke dag behoort te drink.

    4. Knyp 'n oomblik af
    Terwyl jy water drink, staan by die venster – luister na die oggendgeluide en verlustig jou in dié oomblik van stilte. Die wêreld se voorste denkers benut deesdae die krag van wat hulle "mindfulness" noem – 'n toestand van suiwer bewustheid van dinge rondom jou.
    Só het die bekende Skotse psigiater R.D. Laing byvoorbeeld gesê: "Die omvang van wat ons dink en doen word beperk deur wat ons nie oplet nie..." Berei jou voor op 'n suksesvoller dag deur alles super-fyn waar te neem.

    5. Prikkel jou sintuie
    Begin deur die was-en-plas soggens as 'n vroegoggend-minispa te beskou. Geniet die gevoel van warm water op jou vel, kies 'n verfrissende seep en gebruik 'n luffa-spons om 'n gloed uit jou liggaam op te tower.
    Jy kan ook dié tyd gebruik vir voorkomende selftoetse – hoe beter jy die landskap van jou borste of testikels ken, hoe gouer sal jy knoppies of bulte opmerk wat gevaarlik kan word.
    ------------------------------------------
    (Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)
    ------------------------------------------
    http://suidafrika.nl/content/blogcategory/23/42/

      Het is nu 02.05.24 8:35