Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Word lid van het forum, het is snel en gemakkelijk

Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Filosofie Kaffee

Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.

Gedachtenwisseling over alles wat verwondert.


    van Sylvio naar Mario

    avatar
    Caspar


    van Sylvio naar Mario Empty van Sylvio naar Mario

    Bericht  Caspar 15.11.11 20:36

    Die anti-Berlusconi

    2011-11-15 00:09 --- Leopold Scholtz

    Dr. Mario Monti, Italië se nuwe premier.

    Den Haag. – Terwyl die vreugdekrete oor mnr. Silvio Berlusconi se bedanking as premier – “Skurk!”, “Nar!”, ­“Mafioso!” –
    nog in die Italiaanse strate weerklink het, het dr. Mario Monti, die nuwe premier, gister sy nuwe kabinet begin vorm.

    Die nuwe regering sal waarskynlik môre aan die parlement voorgestel word en ’n mosie van vertroue kry.

    Die kontras tussen Berlusconi en Monti kan nie groter nie.

    Berlusconi (74) kleur sy ­hare swart, ’n aanduiding van sy ego; Monti (68) se grys kop is vir hom ’n ereteken.

    Berlusconi is ’n charismatiese populis wat die Italianers aanvanklik begeester het; Monti is taamlik vaal, ’n saai
    spreker wat min glimlag.

    Maar waar Berlusconi sowat by elke vrou wat wou, in die bed geduik het, is Monti al meer as 40 jaar met dieselfde vrou
    getroud en is daar geen teken dat hy afgedwaal het nie.

    En dalk die belangrikste: Waar Berlusconi geld soos bossies bestee het en so korrup soos ’n Mafia-baas was, is Monti
    ’n onkreukbare ekonoom met ’n onbesproke verlede as akademikus en kommissaris van die Europese Unie (EU).

    As iemand Italië se ernstige probleme kan oplos, so sê talle kommentators, is dit hý.
    As Europese kommissaris het hy meer as een keer gevestigde belange getakel – hy het byvoorbeeld ’n samesmelting tussen
    General Electric en ­Honeywell gekeer omdat dit mededinging op die vrye mark sou verswak.

    Die twee maatskappye het alles duskant afpersing probeer, maar Monti het nie ingegee nie. Hy het ook Microsoft vasgevat.

    Hy is nie lid van enige politieke party nie en is bekend om sy kundigheid en integriteit. Hy sal al dié eienskappe in
    die komende maande nodig kry.

    Griekeland se ekonomie vorm net 2% van dié van die eurosone en as hy omval, kan die res van Europa dit nog weerstaan.

    Maar Italië is ekonomies nommer drie in Europa en as hý omval, trek hy Frankryk saam – en as Frankryk omval, val die
    hele Europa agterna.

    Die vraag is of Monti sal kan regkry wat van hom verwag word.
    ---------------------------
    http://www.beeld.com/Wereld/Nuus/Die-anti-Berlusconi-20111114

      Het is nu 07.05.24 22:45