Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Word lid van het forum, het is snel en gemakkelijk

Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Filosofie Kaffee

Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.

Gedachtenwisseling over alles wat verwondert.


    Wind

    avatar
    Caspar


    Wind Empty Wind

    Bericht  Caspar 06.02.11 23:34

    Windjie laat op straat is hier teen die wet
    2011-02-04 15:35

    Blantyre – Malawiese wetgewers sal volgende week met die ruite wawyd oop sit en debatteer
    oor ‘n nuwe wet, een wat winde los op straat onwettig sal maak.

    ‘n Minister in die kabinet glo boonop die wet word demokraties ondersteun is nie net ‘n gejaag
    na wind nie. “Die regering het ‘n reg om openbare betaamlikheid te verseker,” het die minister
    van konstitusionele sake, George Chaponda, as ‘n ateljeegas aan die land se Capital Radio gesê.
    “Wil jy mense in publiek sien winde laat?”

    “Ons is geregtig daarop om orde in die land te bring.”
    Sedert die land 16 jaar gelede multiparty-politiek aanvaar het, voel mense gemaklik om
    enige plek dié verderflike gewoonte uit te oefen, reken Chaponda.

    “Dit was nie so gedurende die jare van diktatorskap nie, want mense was bang vir die gevolge.
    Nou hou mense daarvan om enige plek winde te laat.”
    Malawiese burgers hoef darem nie met té stywe boude rond te loop nie. Chaponda sê dit sal
    slegs ‘n ligte oortreding wees om enetjie te laat glip.
    Die wet sal ‘n bestaande wet van 1929 wysig wat glo nie deur polisie afgedwing word nie.
    ---------------------
    http://www.nuus24.com/Afrika/Nuus/Wind-laat-op-straat-is-hier-teen-die-wet-20110204

      Soortgelijke onderwerpen

      -

      Het is nu 16.11.24 23:19