Zuma ’n ‘gigolo’ en ‘promisku’
2010-02-05 06:17 ..... Philda Essop
---------------------------------------
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/750ad805f2374f7e8214ed54b45f750f/05-02-2010-06-17/Zuma_%E2%80%99n_%E2%80%98gigolo%E2%80%99_en_%E2%80%98promisku%E2%80%99-----------------------------------------------------------------------------------------
Kaapstad - Poligamie is nie promiskuïteit nie. Dit is tyd dat pres. Jacob Zuma ’n
voorbeeld stel en soos ’n staatshoof optree – nie soos ’n gigolo nie.
Met dié woorde het Mosiuoa Lekota, Cope-leier, Zuma gister gekap ná berigte dat
hy sy 20ste kind verwek het by Sonono Khoza (39), dogter van Irvin Khoza.
Mnr. Khoza is die voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee vir die Wêreldbeker-
sokkertoernooi en ’n jare lange vriend van Zuma.
Lekota het gesê Zuma se volgehoue rookskerm dat poligamie ’n Afrika-gebruik is,
is nie meer aanvaarbaar nie. Hy was vir ’n lang tyd ’n “baie swak” rolmodel.
Sy optrede in ’n land met ’n hoë MIV/vigs-voorkoms is “hoogs onverantwoordelik”
en “skandalig”. Zuma sien duidelik niks verkeerd met sy optrede nie, maar dit is
geen manier om ’n voorbeeld vir die jeug te stel nie.“Sy optrede kan onder geen
omstandighede geregverdig word nie. Suid-Afrika moet sy stem laat hoor en Zuma
aansê om soos ’n president op te tree en nie soos ’n gigolo nie.”
Die ANC het Zuma, wat drie vroue het, verdedig en die media en politieke kommen-
tators daarvan beskuldig dat hulle ’n berg uit ’n molshoop maak.Jackson Mthembu,
ANC-woordvoerder, het in ’n verklaring gesê Zuma het niks verkeerds gedoen nie – daar
is niks “skandelik” daaraan as twee volwassenes ’n verhouding het nie. “Ons sien nie ’n
ooreenkoms tussen ANC-beleid oor MIV/vigs en die president se persoonlike verhoudings nie.”
Cobus Coetzee berig mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier, het gister in Muldersdrift
joernaliste aangesê om hul neuse uit Zuma se sekslewe te hou. “Jy moet jou skaam omdat
jy so ’n vraag vra, veral omdat dit oor ’n ouer persoon (Zuma) gaan,” het Malema berispe.
“Jy meng jou nie by die sake van oueres in nie. Zuma is ons vader en ons is nie
gekwalifiseerd om daaroor (sy sekslewe) te praat nie.”
Ander politieke partye het Zuma veroordeel. Die ACDP het aanbeveel dat hy terapie vir
seksverslawing ontvang, terwyl die Christen Demokratiese Party meen die president
moet bedank.
Die Sunday Times het eergister berig Khoza se dogter is op 8 Oktober verlede jaar gebore.
Intussen is internetkletskamers en radiostasies gister warm geskryf en gebel oor
dié nuus waaroor wêreldwyd berig is.
Op die Friends of Jacob Zuma-webwerf het ene Matome geskryf: “Asseblief, meneer die
president, hou op om ons in die verleentheid te stel – u is 68 jaar oud! U kan nie
aanhou rondslaap asof u getoor is nie.”
Fezile Mbuli het geskryf hy is “uiters teleurgesteld”.
“Trouens, Jacob Zuma het ’n las geword vir die goeie beeld en integriteit van ons beweging
... Ek is die laaste tyd skaam om verbind te word met Msholozi.”
Ene Pat Stevens het op dieselfde webwerf geskryf dit is tyd dat mense ophou om hul neuse
in ander se sekslewe te steek. “As die president sy slaapkamer met baie vroue wil deel, is
dit sy eie, persoonlike saak.”
-----------------------------------------------------------------------------------------