Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Word lid van het forum, het is snel en gemakkelijk

Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Filosofie Kaffee

Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.

Gedachtenwisseling over alles wat verwondert.


    Wat Afrikaanse vroue kan leer

    avatar
    Caspar


    Wat Afrikaanse vroue kan leer Empty Wat Afrikaanse vroue kan leer

    Bericht  Caspar 01.02.10 21:12

    Wat Afrikaanse vroue kan leer
    ‘n Lighartige kykie na wat ons as Afrikaanses kan ‘leen’ by ons susters uit ander kulture...
    Article: Addie Louw
    ------------------------
    Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek is mal oor Afrikaanse vroue en is nog altyd bly dat ek self as een gebore is. Maar ai, somtyds wens ek nietemin dat ons sekere gewoontes by die dames van ander kulture kon aanleer...

    Die gejy- en jouery
    Ek haat die woord ‘u’ met ‘n wrewel.
    Vir een of ander rede maak dit my altyd ongemaklik in my eie vel, so asof ek besig is om ‘n rol te vertolk. En ek is nie die enigste nie.
    My een vriendin vertel dat sy voel “soos ‘n hoofmeisie wat gatkruip” elke keer as sy iemand as ‘u’ aanspreek. My suster weer, reken dat wanneer sy ookal vir ‘n man ‘u’ sê, sy altyd voel soos ‘n sekretaresse uit die 50er jare wat moet bontstaan of haar boud word geknyp!
    En tog voel dit vir ons verkeerd om mense – veral die ouer garde – sommer ‘jy’ en ‘jou’ te noem. (Mens kan nou maar eenmaal die meisies uit Pretoria haal, maar Pretoria haal jy nie sommer uit die meisies nie...)
    Die uiteinde van díe dilemma is dat ek gereeld klink soos ‘n plaat wat vashaak: “Tannie, wil tannie nie maar tannie se tande in tannie se mond terugsit nie? Tannie weet tannie se kinders hou van tannie met tannie se tande in tannie se mond.”
    Hoe beny ek nie Engelse vroue wat ‘you’ en ‘your’ respekvol kan sê nie. Hulle sinne is helfte so lank soos myne, en dit klink nie asof hulle ‘n ernstige hakkel probleem het nie!

    Van son en sambrele
    Wat veroudering aanbetref, word daar vir ons vertel, is die son ons grootste vyand. En hoe ligter die vel, hoe groter is die potensiaal vir skade – sonkolle, plooie, sakkerigheid... die lys is lank.
    Vir my is dit dus ironies dat dit ‘n doodnormale gesig is om die swart vroue in my buurt met sonsambrele te sien stap. Maar boeta, as ek met my bleek gevreet ‘n sambreel op ‘n sonskyndag oopmaak, kyk mense my aan asof ek lankal reeds ‘n varkie te min op hok het.
    Is dit nie tyd om by ons donkerder susters te leer om sonsambrele te gebruik nie?
    Bring die parasol terug, reken ek!

    Om van hare nie te praat nie
    ‘n Paar jaar gelede het ek saam met ‘n meisie uit Limpopo se wêreld gewerk. Pheladi het elke dag ‘n ander haarstyl gehad – soms was haar hare kort, dan weer lank, dan gekrul, dan weer reguit...
    Waarom is dit totaal sosiaal aanvaarbaar vir swart vroue om pruike te dra en nie vir ons nie? Dink net hoe lekker dit sou wees om op ‘n ‘slegte haardag’ op te staan en eenvoudig ‘n lang blonde pruik op te sit!
    Maar as jy Afrikaans is en jy vang so iets aan, dink mense jy maak ‘n grap. Of, erger nog, vermoed hulle jy ly aan kanker. Of nóg erger – gode behoed – dink hulle jy maak ‘n grap oor kankerlyers!
    Toggie tog. En hier wou ek net my slegte haardos wegsteek...

    Verskoon my, meneer...
    Vir my verjaarsdag het ek en my man ‘n peperduur restaurant besoek. Die kos was vreeslik – te sout, te rou, net plein sleg.
    Maar toe die maitre d’ vra of alles in die haak is, glimlag ek soos altyd net vriendelik en sê, “Yes, thank you, it was lovely”.
    Die Duitse tannie skuins oorkant my, aan die ander kant, het so keel opgesit oor die kwaliteit van die ete dat sy nie vir haar maaltyd hoef te betaal het nie.
    Nie ek of een van my Afrikaanse vriendinne kan dit doen nie. Ons weet ons moet kla oor slegte diens. En ons wil. Maar as mens as ‘n ‘gawe Afrikaanse meisie’ grootgemaak is, is dit nogal moeilik.
    So dames, kom ons kry ‘n bietjie ruggraat, en begin opstaan vir ons regte.
    Want genade, as ‘n tannie wat sandale saam met kouse dra dit kan doen, kan ons tog seker ook!
    -------------------------------------------
    Comment on this story Lynette 2/1/2010 12:44:39 PM

    Ek stem 100% met jou saam. Die artikel is baie goed geskryf. Ek is gelukkig een van daai Afrikaanse vroue wat kla as my kos sleg is of as ek nie diens kry nie, partykeer tot my man se verleentheid! Dit is beslis hoog tyd dat almal opstaan vir hulle regte. Miskien sal die diens in hierdie land dalk verbeter. Wat die woorde "jy" en "jou" aanbetref, ja dit is ook nogal 'n pyn om alewig "u" en "oom of tannie" te sê, maar 'n mens kan dit ook maar op meriete vat. Dit dwing tog respek af om vir 'n ouer persoon of 'n persoon van aansien as u aan te spreek. Ek werk by 'n ouetehuis en sal dit moeilik vind om vir die ouer persone as "jy/jou" aan te spreek.

    http://www.nuus24.com
    Suid-Afrika se nommer een nuusbron. 1-2-2010

      Soortgelijke onderwerpen

      -

      Het is nu 17.11.24 1:49