Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Word lid van het forum, het is snel en gemakkelijk

Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Filosofie Kaffee

Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.

Gedachtenwisseling over alles wat verwondert.


    Waarheen nou met die kerk?

    avatar
    Caspar


    Waarheen nou met die kerk?  Empty Waarheen nou met die kerk?

    Bericht  Caspar 01.06.15 9:36

    Waarheen nou met die kerk?

    Jean Oosthuizen  ---  Geestelik   ---  2015-05-20

    Hoofstroomkerke in Westerse lande trap wêreldwyd al hoe meer klei om lidmate te behou, en veral
    jongmense bly in al groter wordende getalle weg uit die kerk. Ook in Suid-Afrika het kerkleiers by
    die afgelope sinode van die NG Kerk in die Wes- en Suid-Kaap gevra waarheen nou met die kerk?

    As die kerk hom nie vinnig herposisioneer nie, kan hy dalk sy boeke oor ’n paar jaar toemaak,
    het ’n vorige moderator van die NG Kerk, Coenie Burger, tydens die sinode gewaarsku. “As die kerk
    aanhou om netjes en ordentlik te wees, gaan ons nie ver kom nie. Dan gaan ons die Kerk eintlik
    kleiner boer,” het Burger aan die sinodegangers gesê.

    Die huidige moderator van die NG Kerk, Nelus Niemandt, het hom by Burger aangesluit: “Broers en
    susters, ek besoek baie gemeentes in die NG Kerk dwarsoor die land en ek sien baie min randfigure
    in die kerk. Ons moet dringend vreemdelinge in die Kerk begin innooi om ons besluite te beïnvloed.
    Ook dié wat nie glo nie.”

    Dit is nie net in Suid-Afrika waar sommige kerke agteruit boer nie. In ’n meningspeiling wat onlangs
    bekendgemaak is, kry hoofstroomkerke in Amerika al hoe meer die wind van voor
    (http://www.bbc.com/news/world-us-canada-32710444). Daar is vyf miljoen minder Amerikaners
    wat hulle met die Christelike geloof identifiseer as in 2007.

    Volgens Burger is die tyd vir die kerk om versigtig te wees verby. “Daar is heelparty mense wat hul
    lus vir die kerk verloor het – mense wat kwaad is vir die kerk, kerkmense wat ophou kerk toe gaan,
    mense wat stil-stil hulself van die Kerk verwyder en liewers op ’n afstand staan,” het hy gesê.
    Niemandt se boodskap aan die sinode was dat kerke daarna moet streef om meer soos seerowers
    te wees. “In die geskiedenis, as die groot skepe beseerde matrose met houtbene, hake vir hande of
    met oogklappe oor die oë verwerp het en op die naaste eiland afgegooi het, het die seerowers
    gesê: ‘Welkom.’ Seerowers het altyd plek gemaak vir die gemarginaliseerde persone in die
    gemeenskap.
    My vraag is: Hoe sigbaar is die randfigure in die kerk? As seerowers dit kon regkry,
    kan die kerk tog ook.”

    Sy kommer oor “randfigure” en ander wat die kerk verlaat, word weerspieël deur ander gelowiges
    se gesprekke op Facebook en ander sosiale media. “Die hartseer is dat mense wat eens by die kerk
    was, randfigure geword het,” sê Fantie van Heerden, ’n voormalige dominee van die Hervormde
    Kerk. “Besef die kerk dat hy dikwels self verantwoordelik is vir die proses waarin mense van die
    kerk en geloof vervreemd raak? Die randfigure lyk uiterlik dalk presies soos dié wat nog binne is.
    Die kerk se probleem strek veel dieper as om 'n paar bergies, gays of ateïste in die erediens in te
    verwelkom die toekoms in. Waarom vervreem hy dikwels sy eie oudlojales?”

    Van Heerden sê hy weet van baie mense wat "vreemd" vir die kerk geword het nadat hulle deur die
    kerk waarvoor hulle lief was, stief behandel is juis toe hulle die liefde en deernis van
    medegelowiges die nodigste gehad het. “En ek praat nie hier noodwendig van die kerkleiding nie,
    maar die kerk wat bestaan uit medelidmate. Dit help nie veel as jy as 'n noodmaatreël ander
    randfigure in jou midde wil verwelkom terwyl jy teen 'n tempo self van die bestaandes randfigure
    maak nie.”

    ’n Dominee van die NG Kerk in Afrika (NGKA), Sarel Corrie, sê die kerk sukkel nou al om net die
    gewone lidmate in die kerk te kry – hoe gaan hulle die vreemdelinge oortuig? “Die kerk moet eers
    homself opoffer/prysgee voordat iets daarvan sal kan begin gebeur. Hulle sal eers diegene wat
    verbrysel en vergruis is deur die kerk, self moet nooi en met hulle kom vrede maak/versoen voor
    hulle nog aan die vreemdelinge kan begin werk!”

    Volgens die Pew Research Center het die aantal Amerikaners wat hulleself as Christene identifiseer,
    binne sewe jaar met sewe persent gedaal (http://www.pewforum.org/2015/05/12/americas-
    changing-religious-landscape). Sowat 71 persent Amerikaners beskou hulle vandag as Christene,
    teenoor 78 persent in 2007. Die persentasie Amerikaners wat sê hulle hang geen godsdiens aan
    nie, is ook besig om te groei.

    Navorsers van Pew Research skryf die verlies hoofsaaklik toe aan ’n afname onder verligte of
    liberaaldenkende Protestante en Katolieke onder alle ouderdomsgroepe en demografiese groepe
    oral in Amerika. Dit is nie net jongmense wat die kerk verlaat nie. Volgens Pew Research is daar
    onder al hoe meer getroudes, ongetroudes, ryk, arm, oud en jonk ’n aansienlike daling in die getal
    mense wat hulleself Christene noem.

    Kyk mens na die navorsingstatistiek is daar veral drie belangrike tendense wat die volgende tien
    jaar sal voortduur. Een daarvan is die uitvloei van lidmate uit die hoofstroom Protestantse kerke.
    Soos in Suid-Afrika vertel ook Europese kerke se verhaal dat die uitvloei van lidmate moeilik is om
    te stuit. Baie van die kerke probeer die gety keer deur middel van missionêre aksies, kerkplanting
    en evangelisasie, maar sukkel om dit reg te kry.

    Volgens die General Social Survey (GSS), het die ongeveer 30 persent Amerikaners wat hulle
    voorheen met Protestantse hoofstroomkerke geïdentifiseer het, tot 15 persent gedaal. Hierdie kerke
    het die afgelope 40 jaar die helfte van hulle lidmate verloor. As die neiging voortduur, lyk die
    prentjie nie goed vir hoofstroomkerke nie.

    ’n Tweede tendens is ’n groei onder pinkster- en charismatiese bewegings. Maar die volhoubaarheid
    daarvan word in twyfel getrek. Baie van die kerke lyk deesdae al hoe meer soos die
    hoofstroomkerke. Navorsers meen dat hulle binnekort dieselfde paadjie as die hoofstroomkerke kan
    loop.

    Die derde tendens wat deur navorsers uitgespel word, is dat die denominasies waaraan lidmate
    behoort, steeds saak maak, maar al hoe minder gewig dra. Sogenaamde netwerke wat soos
    denominasies funksioneer, raak al hoe meer belangrik.

    Mens sien dit ook in Suid-Afrika, waar baie NG gemeentes as gemeenskapskerke bekend staan en
    nie meer die naam NG Kerk gebruik nie, al is hulle nog amptelik deel van die NG Kerk-denominasie.
    Dit lyk dus asof kerke se toekoms baie minder hoofstroomgedrewe sal wees en nie meer so verbind
    aan denominasies nie, maar meer netwerkgedrewe.

    Baie lidmate weet nie eens hulle is in ’n NG Kerk nie en hulle gee nie om nie, sê Gerhard Pietersen
    van die NG gemeente in Houtbaai wat verlede jaar amptelik van die NG gemeente in Constantia
    afgestig het. “Hulle het nie ’n konsep van die kerkinstituut nie,” het Pietersen tydens die afgelope
    sinode gesê. “Ons sê eerder vir hulle ons is familie. En al wat hulle van my weet, is dat ek baie bid
    en baie stir.”Pietersen se gemeente is alombekend vir sy multikulturele samestelling.

    Johan Botha van die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (VGKSA) en ’n dominee in
    die sinodale diens meen godsdiens en die kerk raak deesdae vir talle oorbodig. Dit is daarom
    belangrik dat die kerk ’n vernuwende vorm van evangelisasie aanneem. “Evangelisasie gaan oor
    meer as net die wen van siele,” het hy tydens die afgelope NG sinode gesê “Dit gaan oor omgee en luister.”

    http://huisbou.litnet.co.za/articles/waarheen-nou-met-die-kerk/

    http://www.bbc.com/news/world-us-canada-32710444

      Het is nu 17.11.24 1:50