Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Word lid van het forum, het is snel en gemakkelijk

Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Filosofie Kaffee

Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.

Gedachtenwisseling over alles wat verwondert.


    Maagdelike moeders

    avatar
    Caspar


    Maagdelike moeders Empty Maagdelike moeders

    Bericht  Caspar 02.05.15 11:16

    Maagdelike moeders van gode

    Duitswester  ---  2015-04-23

    Daar waar ek grootgeword het, was die NG kerk die enigste kerk en wat die predikant gesê het was
    nooit as te nimmer in twyfel getrek nie . So het die predikant dan vir ons vertel dat Jesus deur G_d
    verwek is en uit die maagd Maria gebore is. Die storie het ons gehoor van kleuterskool af en die
    Christene hoor en glo dit vandag nog. Dis als reg, ek het geen probleem met wat enigiemand glo
    nie, ek het net besluit om my eie huiswerk te doen.

    So sien ek toe mettertyd dat Jesus die laaste in ’n lang ry van mens-gode is wat deur god
    verwek is en uit ’n maagd gebore is. Dit is iets wat bitter diep in die verlede ingaan en deur baie
    groot getalle mense geglo was en in baie gevalle steeds is.

    Op ’n stadium was dit in Griekeland so maklik geglo dat baie swanger vrouens beweer het dat een
    van die baie Griekse gode die vader van haar kind was. Een van die konings van daardie tyd het
    op ’n stadium ’n wet gemaak wat sulke vrouens die doodstraf gegee het. Hy was seker maar gatvol
    vir die meisies wat rondbonk en dan iemand die skuld gee.

    Die maagd Alcmene het geboorte gegee aan die “heilige verlosser” Alcides, 1 280 jaar voor Jesus,
    Ceres, die maagd-moeder van Osiris, het beweer dat sy swanger gemaak is deur die “vader van
    alle gode”.

    Daar is sulke stories uit Indië, Egipte, Persië, Griekeland, die hele Romeinse ryk, Mexiko en Tibet,
    om ’n paar te noem. ’n Paar van hulle is Maia, moeder van Sakia, Yasoda, moeder van Chrishna,
    Celestine, moeder van Zulis, Chimalman, moeder van Quex-alcote, Semele, moeder van die
    Egiptiese Bacchus, Minerva, moeder van Griekse Bacchus, Prudence, moeder van Hercules,
    Alcmene, moeder van Alcides, Shing-Mon, moeder van Yu en Mayence, moeder van Hesus.

    En natuurlik Maria, moeder van Jesus.

    Al die seuns word beskryf as ’n messias, redder, verlosser, baie het hul lewens gegee ter
    vergifnis van die wêreld se sondes, het gesterf, na drie dae opgestaan en opgevaar na die hemel
    vanwaar hulle sal terugkeer om ’n ewige koninkryk te vestig op aarde.

    Daar is veel meer, maar ek wil nie ’n boek hier skryf nie.

    Die verhaal wat die Romeins-Griekse kerk geskryf het met Jesus as die Messias, is omtrent identies
    aan die verhale van ander messiasse, hulle is almal ewe goed beskryf en deur hul onderskeie
    gelowe aanvaar en aanbid.

    So hoe besluit mens nou watter een is die ware een?

    Duitswester
    ………………………………………………………………
    http://www.litnet.co.za/Article/brief-maagdelike-moeders-van-gode

      Soortgelijke onderwerpen

      -

      Het is nu 26.04.24 10:52