Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Word lid van het forum, het is snel en gemakkelijk

Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Filosofie Kaffee

Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.

Gedachtenwisseling over alles wat verwondert.


    Gratis water en kondome

    avatar
    Caspar


    Gratis water en kondome  Empty Gratis water en kondome

    Bericht  Caspar 10.12.13 9:16

    Nuwe drankstandaarde
    Restaurante, kroeë móét gratis water en kondome gee


    Heléne Cilliers   ---   Pretoria. Maandag 09 Desember 2013  ---  Gratis water en kondome

    Dit is twee van die items wat restaurante, kroeë en ander drinkplekke aan klante sal moet
    beskikbaar stel volgens die nasionale drankstandaarde.
    Die standaarde is op 4 Desember deur die departement van handel en nywerheid in die
    Staatskoerant gepubliseer, en kenners is onthuts oor sommige daarvan én die tydsberekening.

    Leon Slotow, ’n prokureur wat in dranklisensie-wetgewing spesialiseer, sê dis baie onregverdig om
    die kennisgewing te publiseer kort voordat baie mense met vakansie gaan omdat hulle dan nie tyd
    het om kommentaar daarop te lewer nie. Die sperdatum is 4 Januarie.
    Dit lyk volgens Slotow asof die departement die standaarde opsetlik probeer deurvoer as ’n middel
    om voorwaardes op te dwing wat hy vroeër deur provinsiale wetgewing probeer opdwing het. Daar
    was groot teenkanting daarteen, veral teen beperkte handelstye. “Dit kan ondernemings verlam,” sê hy.

    Plekke met ’n dranklisensie, soos restaurante en kroeë, kan ook verplig word om ’n rookarea te hê.
    Die lugversorging daarvoor kan tussen R200 000 en R1 miljoen kos, sê Slotow.
    Verder moet drankwinkels rekord hou van enige verkope van 25 liter of meer: name, adresse, tipe
    en hoeveelheid drank, pryse en redes daarvoor.
    Dié drempel is heeltemal te laag, sê Slotow. “ ’n Mens kan maklik soveel drank koop net vir ’npartytjie.”

    Dranklisensiehouers sal ’n oorspronklike belastingvrystellingsertifikaat van die Suid-Afrikaanse
    Inkomstediens (SAID) saam met aansoeke om én met die hernuwing van dranklisensies moet
    indien. Dit sal ’n onderneming wat sy lisensie wil laat hernieu, duur kos en indien daar ’n vertraging
    is – selfs omdat die SAID die onderneming geld skuld – kan dit beteken dat hy sal moet sluit.

    Slotow sê die departement behoort die standaarde te hersien en dit eers in die praktyk te toets.
    Volgens die departement is die doel met die standaarde om duidelikheid te gee oor sekere kwessies
    in die huidige wetgewende raamwerk en is dit daarop gemik om alle provinsiale en plaaslike
    owerhede sover te kry om hul drankwetgewing en -praktyke in ooreenstemming te bring.

    Ingevolge die huidige Drankwet van 2003 is provinsies nog onderhewig aan die Drankwet van 1989.
    Met die publikasie van die jongste kennisgewing word provinsies in kennis gestel dat die ou wet teen
    die einde van die 2013-’14- finansiële jaar in alle provinsies herroep moet word.

    http://www.beeld.com/sake/2013-12-09-restaurante-kroe-mt-gratis-water-en-kondome-gee

      Soortgelijke onderwerpen

      -

      Het is nu 07.05.24 7:26