Tutu stem nie vir ANC
JOHANNESBURG. – Vrydag 10 Mei 2013
Aartsbiskop Desmond Tutu gaan nie vir die ANC stem nie.
“Ek hét vir die ANC gestem, maar ongelukkig kan ek nie meer vir hulle stem met hoe
dinge (in Suid-Afrika) gaan nie,” het Tutu in 'n opiniestuk geskryf wat onder meer
Vrydag in die Mail&Guardian gepubliseer is.
“Ek is nie lid van enige politieke party nie.” Die ANC was “baie goed” daarmee om die
land tydens die die struggle na vryheid te lei. “Die ANC was 'n goeie vryheidsbeweging.
Maar dit lyk nie vir my of 'n vryheidsbeweging maklik die oorgang na 'n politieke party
kan maak nie. “Diegene in die parlement is in die eerste plek verantwoordbaar aan die
party en nie aan die kieserspubliek nie.”
Tutu het gesê daar is 'n groot behoefte aan verandering in die land.
http://www.beeld.com/nuus/2013-05-10-tutu-stem-nie-vir-anc
http://mg.co.za/article/2013-05-17-00-where-did-our-future-go-asks-tutu