Frankryk erken Algerynse bloedbad ná 51 jaar
2012-10-18 22:29 --- Leopold Scholtz
Vir die eerste keer in ’n halfeeu het ’n Franse regering toegegee dat die land se polisie in 1961 Algeryne tydens ’n
betoging in Parys doodgeskiet het. Die bloedbad op 17 Oktober 1961 is dekades lank doodgeswyg, maar ’n polemiek daaroor
het in die laaste jaar of wat opgelaai. Die getal sterftes is nie bekend nie, maar historici stel dit op sowat 200.
Die skietery het slegs 19 maande ná die Sharpeville-gebeure in Suid-Afrika (69 sterftes) gebeur, maar waar Sharpeville groot rumoer
oor die wêreld heen veroorsaak het, is die nuus oor die Franse bloedbad onmiddellik doeltreffend doodgedruk.
Maurice Papon, destydse prefek van Parys, het destyds aan koerante gesê drie mense is dood.
Dit is nooit ernstig bevraagteken nie, al het tientalle lyke ten aanskoue van duisende mense in die Seine afgedry.
In ’n verklaring het pres. François Hollande vandeesweek gesê die Algeryne wat om onafhanklikheid betoog het, is in ’n
“bloedige verdrukking” doodgeskiet. Hy het geen getalle genoem nie, maar gesê die Republiek erken dié feite duidelik.
51 jaar “ná die tragedie bewys ek eer aan die herinnering van die slagoffers”.
http://www.beeld.com/Wereld/Nuus/Frankryk-erken-Algerynse-bloedbad-na-51-jaar-20121018