Sê sy en Harry vry in kamer
2012-09-03 --- Leopold Scholtz
’n Rusie het uitgebreek tussen prins Harry en ’n ontkleedanseres wat beweer hulle het mekaar sowat 20
minute lank gesoen tydens die berugte partytjie in sy suite in ’n hotel in Las Vegas twee weke gelede.
Die danseres is Carrie Reichert (32), wat enkele opmerk¬like dinge aan die Britse skandaalblad The Mirror uitgelap het.
Sy het gesê sy en die prins het sowat 20 minute lank “in ’n dronk gevroetel” in sy slaapkamer gesoen.
“Ons het gesoen, hy was kaal in dié stadium, en baie openlik. Dit was ’n dronk gevroetel. Dit was nie romanties nie, net pret.
“Hy was ’n heer, maar hy was só dronk. Die alkohol het hom geaffekteer. Ek was 15 tot 20 minute daar.”
Sy het ook beweer dat Harry sy geslagsdele teen die venster gedruk en uitgeroep het:
“Kyk na my, Vegas, dié is die koninklike juwele!”
’n “Koninklike bron” se kommentaar aan die koerant was: “Die paleis het hom voorberei op aansprake soos dié.
“Dis geen verrassing dat mense na vore tree en sê hulle was in Harry se suite nie, maar hy hou vol dat dié vrou nie
dié nag daar was nie.” Volgens die bron is Harry woedend.
http://www.beeld.com/Wereld/Nuus/Danseres-se-sy-en-Harry-vry-in-kamer-20120903