Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Word lid van het forum, het is snel en gemakkelijk

Filosofie Kaffee

Lezen is vrij.
Wil je meedoen, wordt dan lid door je te registreren.
Je ontvangt dan een activerings mail.
Je bent volledig lid, als je je lidmaatschap hebt geactiveerd en kunt schrijven als je ingelogd bent.

Filosofie Kaffee

Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.

Gedachtenwisseling over alles wat verwondert.


    Politiegeweld

    avatar
    Caspar


    Politiegeweld  Empty Politiegeweld

    Bericht  Caspar 17.08.12 19:07

    Zuid-Afrika geschokt door politiegeweld tegen stakende mijnwerkers.

    Toen een dag geleden de politie in Zuid-Afrika het vuur opende op een grote menigte
    stakende en met kapmessen en knuppels bewapende kompels, lieten 34 mensen het leven
    en raakten nog eens 78 anderen gewond. Wat een poging was om een hoger loon te
    bewerkstelligen, liep uit op een slachtpartij. Vandaag waren veel mensen, onder wie
    familieleden op de been om te protesteren tegen het geweld.

    https://www.youtube.com/watch?v=gevxiMSE5lc&feature=player_embedded
    avatar
    Caspar


    Politiegeweld  Empty Re: Politiegeweld

    Bericht  Caspar 17.08.12 22:39

    Is minister steeds net ‘verontrus?’
    2012-08-17 00:00
    Die bloedbad gistermiddag by die Lonmin-myn in Marikana is nie net ’n menslike
    tragedie nie, maar gaan ook Suid-Afrika se politiek en die ekonomie ruk.

    Beleggers in die mynbedryf is reeds sku vir die politiek in die land. Skokke soos
    hierdie gaan die vrae oor die land se politieke stabiliteit – en dus die veiligheid
    van beleggings – onder die huidige regering net verder aanblaas.

    ’n Mens kan vra waar was die ministers van arbeid, van minerale hulpbronne en die
    minister van polisie toe dit duidelik geword het dat die beleg van sowat 500 myners
    breekpunt bereik.


    Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, het bloot gesê sy is “diep verontrus”.
    Die polisie gaan waarskynlik heel eerste in die politieke spervuur beland oor hul hantering van die situasie.

    http://www.beeld.com/Opinie/HoofArtikels/Is-minister-steeds-net-verontrus-20120816
    avatar
    Caspar


    Politiegeweld  Empty Re: Politiegeweld

    Bericht  Caspar 20.08.12 8:32

    Wie geweld saai, sal dit later maai
    2012-08-19 22:16

    Terwyl die land steier ná die Marikana-slagting en daar gewag word op ’n ondersoek
    om op dreef te kom, is daar reeds ’n duidelike wekroep in dié tragedie.

    Die gebeure vergestalt die diep verdelings wat in Suid-Afrika heers – tussen ryk en
    arm; tussen maghebbers en magteloses; tussen base en werkers; en ja, tussen wit en swart.

    Marikana het gewys hoe maklik dié verdelings in geweld ontaard. Dit roep elke Suid-
    Afrikaner tot aksie op om geweldstaal uit politieke gesprek te hou.

    Geweld word immers makliker gepleeg waar dit deel van die politieke taal is.

    Só byvoorbeeld het Julius Malema – wat die naweek uitasem sy opwagting by Marikana
    gemaak het om pres. Jacob Zuma tot “die vyand” te verklaar – nie te lank gelede nie
    nog verkondig hy sal “doodmaak vir Jacob Zuma”.

    Malema se geweldstaal het Zuma eens soos ’n handskoen gepas en daarom het hy die
    populistiese golf tot in Tuynhuys gery op die maat van “Bring my masjiengeweer”. Só
    het Zuma sélf ruimskoots bygedra tot ons leksikon van geweld.

    Laer af in die politieke orde groei die geweldswoordeskat ewe welig met die ANC-
    jeugliga se gewelddadige en openlik verklaarde pogings om Kaapstad onregeerbaar te maak.

    Die taal van geweld is ongelukkig ook nie beperk tot die politieke sfeer nie.

    Ná Marikana het dit op webwerwe, Facebook-groepe, radioprogramme en op ander forums
    gewemel van mense wat hul verlekker in die sterftes, mense wat glo die gestorwenes
    het “gekry wat hulle verdien”, mense wat die polisie-optrede by Marikana gebruik
    as ’n regverdiging van die polisie se gebruik van geweld tydens apartheid. Dít
    bring ons nêrens nie.

    Gegewe die greep wat apartheid se geweldstaal nog op sekere politici het, moet Suid-
    Afrikaners eerder in groot getalle hul onbehae in die onverantwoordelikes se praatjies begin uitspreek.

    http://www.beeld.com/Opinie/HoofArtikels/Wie-geweld-saai-sal-dit-later-maai-20120819
    avatar
    Caspar


    Politiegeweld  Empty Re: Politiegeweld

    Bericht  Caspar 23.08.12 21:46

    ARTIKELS OOR MARIKANA

    http://afrikaans.news24.com/Tags/Places/marikana
    avatar
    Caspar


    Politiegeweld  Empty Absurde aanklag teen 270

    Bericht  Caspar 01.09.12 12:34

    ‘Absurde’ aanklag teen 270

    2012-08-31 23:48 --- Philip de Bruin

    Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is gister uit alle oorde gekap oor sy besluit om 270 Marikana-mynwerkers van moord aan
    te kla ná die skietdood van 34 van hul kollegas. Die NVG het hom beroep op ’n stuk wetgewing wat die apartheidsregering
    destyds ná die Sharpeville-slagting ook gebruik het
    . Dit is “absurd”, “gek”, “bisar” en ’n “misbruik van die strafreg” bestempel.

    Selfs Jeff Radebe, minister van justisie, was verward en het die NVG gevra om hom onmiddellik van ’n verslag te voorsien oor
    waarom die vervolging ingestel is. “Die NVG se besluit het ongetwyfeld ’n gevoel van skok, paniek en verwarring in die
    betrokke gemeenskap en die land as geheel veroorsaak. Ek wil duidelikheid hê oor die besluit.”

    Die 34 is deur die polisie doodgeskiet tydens ’n oproerige byeenkoms van stakende mynwerkers. Om die 270 aangeklaagdes se
    vervolging te regverdig, het die NVG gebruik gemaak van die ou (maar steeds geldende) regsreël van “gemeenskaplike doel”.
    Dit is wanneer ’n groep beskuldigdes saam verantwoordelik gehou word vir ’n misdaad.

    Dit is juis dít wat regskenners soos proff. Pierre de Vos, Marinus Wiechers en Tom Coetzee “stomgeslaan” het.

    De Vos het gesê die hele vervolging is ’n misbruik van die strafreg.

    “Hoe op aarde sal die NVG ooit kan bewys dat die aangeklaagdes ’n gemeenskaplike doel gehad het om hul medewerkers te vermoor?
    ’n Gemeenskaplike doel met wie – die polisie? Dit is mos heeltemal belaglik.”

    Hy meen die NVG kan die aanklag van moord dalk as ’n dekmantel gebruik om die aangeklaagdes in die tronk te hou omdat
    borgtog nie maklik aan beweerde moordenaars toegestaan word nie. Die 270 verskyn Donderdag weer in die hof.

    Wiechers het gesê die vervolging het duidelik ’n verskuilde agenda: om nie aansien te verloor nie. “Die hele vervolging is
    absurd en regtens onhoudbaar. Die beste wat ’n mens kan sê, is dat die werkers moontlik ’n gemeenskaplike doel gehad
    het om openbare geweld te pleeg, maar móórd, en dit nogal op hul medewerkers? Dit is vergesog.”

    Coetzee, ’n strafregkenner, het gesê die vervolging slaan hom dronk. “Geen hof sal daarvoor val nie.”

    Bantu Holomisa, UDM-leier, het in ’n ope brief aan pres. Jacob Zuma die vervolging as “bisar” beskryf. “Dit is ironies dat die
    mense wat die snellers getrek het, vry rondloop terwyl die slagoffers agter tralies sit.”

    Sowel hy as Cosatu het geëis dat die vervolging gestaak word hangende die verslag van die kommissie van ondersoek na die geweld.
    Cosatu het bygevoeg dat hy “absoluut woedend” is.

    Debbie Schafer, die DA se woordvoerder oor justisie, het gesê die NVG se besluit dui óf op “?’n gebrek aan oordeel óf ’n
    onbehoorlike politieke agenda aan die NVG se kant”.

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Absurde-aanklag-teen-270-20120831

    Gesponsorde inhoud


    Politiegeweld  Empty Re: Politiegeweld

    Bericht  Gesponsorde inhoud


      Het is nu 17.11.24 7:51