Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi
Smokkelaars bring 40 000+ in vir seks
2010-03-05 09:25 ....... André le Roux
-----------------------------------------------------
Media24-Afrika-kantoor - Die regering verwag mensesmokkelaars gaan meer as 40 000 buitelandse prostitute vir WB 2010 “invoer”.
Daarmee saam verwag die regering ’n verskerpte invloei van dwelms soos kokaïen en heroïen deur Suid-Afrika se grensposte en lughawens, het David Bayever van die sentrale dwelmgesag (CDA) Donderdag in Pretoria gesê.
Hy het dié kommer uitgespreek by die bekendstelling van die Verenigde Nasies se verslag oor internasionale dwelmhandel.
Bayever het gesê hoewel “indrukwekkende” stappe gedoen word om dwelms by Suid-Afrika se grensposte, in hawens en op lughawens te onderskep, het die regering te make met ’n hoogs gesofistikeerde ondergrondse dwelmbedryf “wat enige onderskeppunte en -meganismes kan omseil”.
Mensesmokkelaars se invoer van prostitute is volgens hom nou verbind met die invloei en verspreiding van gevaarlike dwelms.
Sy kommer is voorts dat baie van dié prostitute ná WB 2010 in Suid-Afrika sal bly. Ook die
groei in die dwelmnetwerk gaan Suid-Afrika bybly.
Die bestaande vlak van dwelmgebruik in Suid-Afrika skep ’n “dwelmryke omgewing” vir sokkertoeriste.
Dr. Jonathan Lucas, hoof van die VN se eenheid vir dwelms en misdaad (Undoc), het gesê
dié land word een van die wêreld se vernaamste “bedryfsentra” vir dwelmsindikate.
Sy gevorderde finansiële infrastruktuur maak dit vir misdadige sindikate moontlik om
dwelmgeld internasionaal te versend en te ontvang.
--------------------------------------------------
Lees ook de commentaren !

http://www.nuus24.com/Content/2010/3963/fd91be2cfc234394adf46a2364d9a9bc/05-03-2010-09-25/2010_Smokkelaars_bring_40_000+_in_vir_seks

Woordenboek :
http://suidafrika.nl/content/blogcategory/23/42/